zeno
Create a Station
Explore
Religious
Music
News
Podcasts
Bible
By Genre
By Location
By Language
Download App
Toggle Sidebar
zeno
RSG
Monitor
News
Afrikaans
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Website
Episodes
300
10 July 2026
Monitor: Hernieude kommer oor kunsmis- en brandstofpryse
10 Julie 2026: Kommer oor kunsmis- en brandstofpryse weens die hernieude konflik in die Midde-Ooste. Voëlgriep vlam weer op langs die Wes- en Oos-Kaap se kus. Sestienduisend maatskapye wat versuim om werknemers se pensioenfondse oor te betaal, gaan vasgevat word.
50 min
09 July 2026
Monitor: Skietstilstand tussen VSA en Iran wankel
9 Julie 2026: Die skietstilstand tussen die VSA en Iran wankel. Hoeveel mense is nou al gerepatrieer, en watter hervormings in beleid sal volg? March and March vertel wat die plan is met vandag se eerste Donderdag-optog teen onwettige immigrasie. Suid-Afrika se ekonomiese aktiwiteit verlangsaam verder.
46 min
08 July 2026
Monitor: Tesourie bevries befondsing aan 60 munisipaliteite
8 Julie 2026: Die Nasionale Tesourie bevries befondsing aan 60 munisipaliteite. Minister Pieter Groenewald reageer op die MK Party se eis dat buitelandse gevangenes gerepatrieer word. Kommer oor die omstandighede waarin 350 soldate in Bloemfontein in kwarantyn gehou word.
49 min
07 July 2026
Monitor: MRK vra regering om in te gryp met buitelanders wat in Kaapstad gestrand is
7 Julie 2026: Die Menseregtekommissie vra die regering om in te gryp nadat minstens 600 buitelanders in Kaapstad gestrand is. Ons bespreek Ayanda Dlodlo se aanstelling as ambassabeur in Frankryk. Ongeloof oor FIFA se besluit om 'n verbod op 'n Amerikaanse doelskieter op te hef ná 'n telefoonoproep van president Trump - nie dat dit gewerk het nie, want Amerika was gister die laaste gasheerland om...
52 min
06 July 2026
Monitor: Europa steier onder hittegolwe en veldbrande
6 Julie 2026: Kommer oor die humanitêre impak van die landwye protesoptrede teen ongedokumenteerde buitelanders. Europa en Brittanje steier onder die soveelste hittegolf dié somer, en verwoestende veldbrande. Luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi het presies 'n jaar gelede die land laat regop sit met sy bewerings: Was dit in die beste belang van Suid-Afrika?
53 min
03 July 2026
Monitor: RNE is twee jaar oud
3 Julie 2026: 'n Regter vonnis die Saunders-moordenaars lewenslank, en sê die motief bly 'n raaisel. Die Regering van Nasionale Eenheid is vandag twee jaar oud. Kan Nigerië vergoeding eis namens sy burgers wat gerepatrieer is? 'n Malawiër weier om die land sonder sy hond te verlaat.
50 min
02 July 2026
Monitor: 80 000 Werksgeleenthede verlore in eerste kwartaal
2 Julie 2026: AARTO-wetgewing is nou amptelik in werking in 62 munisipaliteite. Die Inkomstediens hoop om vanjaar sowat ses miljoen outo-assesserings te doen. Sowat 80 000 werksgeleenthede gaan in die eerste kwartaal van 2026 verlore.
50 min
01 July 2026
Monitor: Betogings teen buitelanders voortaan elke Donderdag
1 Julie 2026: Betogers sê hulle sal die veldtog teen ongedokumenteerde buitelanders voortsit, en voortaan elke Donderdag betoog. Talle besighede sluit hulle deure uit vrees vir onluste tydens die betogings. Wie en wat is agter die veldtog teen onwettige buitelanders?
48 min
30 June 2026
Monitor: Maak seker dat almal in jou diens oor die regte dokumentasie beskik
30 Junie 2026: Ons praat met 'n risiko-ontleder oor vandag se beplande optogte teen ongedokumenteerde buitelanders. Maak seker dat almal in jou diens oor die regte dokumentasie beskik. Op Wêreld Sosiale Media-dag val die kollig op die verspreiding van vals nuus.
49 min
29 June 2026
Monitor: Sowat 15 000 Malawiese burgers wag op repatriasie
29 Junie 2026: Die Departement van Binnelandse Sake en die Grensbestuurowerheid verwerk sowat 15 000 Malawiese burgers se repatriasie. Ernstige bewerings van korrupsie, finansiële wanbestuur en bedrog by openbare skole in Gauteng. Israel en Libanon sluit 'n ooreenkoms om wedersydse aanvalle te staak.
50 min